top of page
Search

UIF Hoe?


People waiting in a queue

Dis dou voor dag in die mooie Boland, die sonnetjie sif-sif so oor die berge. Dit gaan 'n bittterrr warm dag wees. Die Paarl speel nie, 38 grade in Maart met hel toe en terug se humidity. Ek belowe jy oorleef net-net onder 'n aircon.


Gewoonlik is ek nog rustig by die huis, die ketel kook op die gastoof en die hoendertjies maak geraas op die buurplaas. Vanoggend is nou totaal en al anders. Ekt my tekke aan, t-shirt en oefen tights...jyt reg geraai, ek het die UIF rye gaan aanpak! Jy wonder seker hoekom ek nie die aanlyn roete gegaan het nie. Trust my ek het, maar as UIF jou goete park dan park hulle dit behoorlik en ordentlik. Dis een van twee dinge wat hulle vrek goed doen. Die ander een is die spesialiseering in lang rye, dis erger as die lyne by 'n Capitec ATM oor maandeinde! Mense staan al in die queues van drie uur die oggend af, sommiges slaap sommer daar. Dis rof daar buite - skielik besef 'n mens die impak van 'n land met die hoogste unemployment rate in die wêreld.


So 'n ietsi interessant:


According to Statistics South Africa the unemployment rate was 31.9% in the third quarter of 2023. That is almost half of the South African population not working. So where is the possible cause of concern? INTRODUCING, a whopping 30.7% matric unemployment rate and other tertiary institutions at 20.6%. In other words, school learners are stepping into a world with an already corrupt foundation. My question is..are we truly focusing on entrepreneurship in schools?


Een woord - PROPVOL! Die government het hulle hande propvol! Ons kan gerus luister na die PVA in die volgende budget speech. Wonder nogal aan wat hulle die keer gaan dink? Sterkte met die ene Mr Ramaphosa en die honderde ministers involved, die gifappeltjie kom nou al 'n hele rukkie.


Ek het definitief meer as prepared gekom, of dis wat ek dink, seker maar wat ek hoop. Miljoene ekstra inligting, because I aint' comin back! Een ding waaroor ek wel dankbaar is, is die mense van die Kaap. Afrikaans loop soos stroop oor hulle lippe. Dis lekker en ongelooflik entertaining om saam hulle in 'n ry te staan en wag, hulle geniet gesels en stories vertel. Saam kan 'n mens baie dramaties wees en elke detail van die UIF proses uitleef. "Naaai man, hulle laaikit van onnodige goete, hulle ken my nie, ek doenie die online se goed nie, dis hulle se werke."


Hier is 'n paar tips vir die mammas daar buite wat braaf genoeg is om hierdie "Muddy Princess" aan te pak (let wel, dis vir die Paarl geweste)


  • Die ry aan die linkerkant is vir alle EERSTE aansoeke. Doen jouself 'n guns en doen eers aanlyn aansoek, dan kan jy in die regterkantste ry inval wat Enquiries is. Baaaaiieeee vinniger en met vinniger bedoel ek van agt ure na drie ure.


  • Jy kan nie proaktief aansoek doen nie. Jy moet op kraamverlof wees, sonder 'n salaris, om vir UIF te kwalifiseer.


  • Die info wat nodig is: ID / UI19 / UI2.7 / Salary Schedule / Medical Certificate (Birth Certificate) en UI2.8.


  • Maak seker jou vorms is reg en volledig ingevul. Dis nogal 'n gemoedsopflippertjie as jy na drie ure voor kom om te hoor jou vorms is verkeerd of jy mis iets. Ek praat uit solid ondervinding (ek was toe nie so prepared soos wat ek gedink het nie).


  • Op 'n Woensdag word Maternity / Elderly / Death en Sickness geprioritiseer. MAW as jy met jou babatjie, groot maag of kruk kom dan skip jy die lange rye. Moet nou asb nie iemand se kruk gaan leen nie!


  • Daar is nie 'n snoepie naby nie - en nee, jy mag nie goeters verkoop nie (nogal gedink dis 'n oulike entrepreneurial thought) Vat vir jou water en snacks saam. Wag gaan jy wag, priorities of nie.


  • Pak jou geduld heel bo in jou tas langs jou bybel in


  • . Ons is in Suid-Afrika met ZA timeframes, as als maar net so effective was soos 'n McDonalds' drive through, Please call again!


Dis maar 'n waiting game. Baie mense wag maande vir 'n uitbetaling. Ek dink die beste is om seker te maak day jy 'n plan F het met finansies - rather overprepare than underprepare. Is daar versekeringe wat die tipe goed cover? Wonder maar net...


Nou ja toe! Dis hoe dit is met Steve - Dis ok! Ons is ok!


Tot volgende week!


Aaai Mamma

39 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page