top of page
Search

Members of the Bomb Squad

Sleeping baby on soft blanket
Sleeping Baby

Welkom by die Bomb Squad! 'n Intensiewe program wat daarop fokus om aktiewe "plofstof" tussen drie en fyftien kilogram (en meer) neer te lê sonder komplikasies. Bewegings word tot die minimum beperk...neeee, jou knieg mag nie knak nie. Movements soos 'n Ninja.


Babatjies word gebore met 'n superpower...die ability om te weet as jy hulle neersit. Wawyd wakker nadat hulle morsdood aan die slaap was. Koelronde, wakker ogies wat in jou gemoed in brand. Let the games begin and may the odds be ever in your favour. 45Min se heen en weer, op en af, shu-shu-shu, doedoe babatjie duur voort. Todat jy weer die kans waag...dis 'n daunting siklus!


Soos die lewe dit het kom daar so paar "gemoedsopflippertjies" (ons mag nie lelik praat nie) saam slaaptyd. Laat my toe om 'n paar te deel:


  • Jou klein lyfie is in die bed, slaap sag, rustig..'n droom. Todat die hond blaf vir die wind buite.

  • Alles gaan goed, die ogies is toe, maar skielik! 'n Ontploffing van epidermiese gemorse, 'n "nommer 2" doek.

  • Jy sit net rustig met jou warm koppie koffie dan skree die monitor - 'n mental note - warm koffie raak koue koffie. Ontwikkel 'n palet vir iets met ys.


The list continues, maar die goete maak dinge lam wat nie lam moet wees nie. Die Here ken my hart.


Die afgelope drie weke was tough in ons huis. Boetie is deur sy agt weke sleep regression - 'n nuwe vloekwoord in die mamma-woordeboek. En luister, meeste google searches mis die ene, almal fokus op die vier maande een! Blykpaar begin die lyfies nou hulle eie Melatonien afskei (ek is geen kenner nie) maar met ander woorde: Middag slapies raak korter, hulle word moeiliker aan die slaap en dis moeliker vir hulle om aan die slaap te bly. #Lekkertyeman! My Spotify list het ge-migrate van normale musiek na "baby sleep music", "white noise", "worship lullabies" en "slaaptyd kinderstories". Maak 'n nota - dis ouerskap 101. Jy kan jou account weer terug kry na vyftien jaar.



All drama aside. Tussen die seer arm spiere en plat pannekoek gemoedere is daar niks so spesiaal soos jou baba wat vir jou glimlag as jy oor die bedjie koekeloer nie, of 'n engel lyfie wat snoesig, diep slaap. Skielik raak alles die moeite werd - dis 'n valmmetjie wat nie binne jou geblus kan word nie - dis onmoontlik!


Mamma, volgende keer as dit jou gaan voel jy wil jou kind Panado gee sonder kwale, onthou dat daar miljoene daar buite is wat saam met jou wil huil! Dis moelik! Mentally en physically EXHAUSTING, maar een van die jare wens jy vir 'n lyfie in jou arms, 'n lyfie wat baba-afhanklik van jou is en wat elke soen en cuddle verorber.


Dit raak makliker! Ek belowe!


Volgende week explore ons so bietjie selfmade sleeptunes asook verskillende maniere om lyfie in hul bed te sit. Stel 'n reminder op jou foon, jy kan dit nie mis nie!


Tot weerdersiens!



Aaai Mamma - Dis ok! Ons is ok!

28 views0 comments

Recent Posts

See All

UIF Hoe?

bottom of page