top of page
Search

Die Meh-wees van Mamma-wees; Getting to know Postnatal Depression


Hand in the dark

Partykeer maak die lewe so wille draai. Vasgevang in roetine, hardloop dae en nagte met mekaar weg. Die afgelope week of so sukkel ek met inspirasie om te skryf, nie dat daar 'n te kort is aan topics nie, maar eerder net omdat ek myself nie kan kry om uitlaat te gee aan my pen nie.


Waaroor wil ek skryf en hoekom is dit so 'n gesukkel? Partykeer is stilte die enigste manier om die geraas in jou kop duideliker te hoor. Sjoe wat 'n paradox! Dis hoekom ek vir so rukkie stil geraak het.


Ek is 'n groot fan van animations, terwyl my seuntjie slaap sit ek die Emoji Movie aan. Meh - dis hoe ek voel - Meh! Die weghol van die afgelope vier maande vang my nou. My persoonlikheid en menswees het ook so bietjie verdwyn saam die tyd. Moet nie eers praat van my brein en overall "bywees" nie. Ek is baie ver van effektief dink en wees. Let wel - MEH.


Daar is twee woorde wat darm al so bietjie die lig sien in vandag se samelewing. Iets wat so bietjie meer op gefokus word, die groot Mr PD!


Postnatal Depression.


As 'n vorige depressie lyer verstaan ek die op en af van die monster baie goed, maar soos klomp dinge in die lewe is die voorbereiding van sekere goeters baie keer anders as die real thing. Die eerste stap van genesing is om te erken dat iets fout is, al is dit net 'n bietjie fout. Wat belangrik is om te weet is dat intense emosies binne die eerste twee weke van geboorte (Baby Blues) baie normaal is. Meeste mammas, glo ek, is all over the place in die tydjie. Krokodil trane, second guessing en oorweldiging is deel van die hormonal shift wat ons ervaar.


PD word gediagnoseer as simptome langer as die twee weke tydperk duur. Dis hartseer om te weet dat 50% van PD sake nie opgetel word nie. En jaa - Pappas kan ook Postnatal Depressie ervaar. Dalk nie die hormonal stuff nie, maar definitief die emosie. Hier is 'n paar dinge om voor uit te kyk (supernutritious.net,2024):


  • Oorweldiging Onthou - hierdie gevoel is normaal vir 'n rukkie, maar as dit moelik raak om die lig aan die einde van die tonnel te sien, meeste van die tyd, dan mag dit heel moontlik 'n probleem raak.


  • Social distancing (En hier dink ons, ons is onstlae van Covid) Baie mammas isoleer hulself vir die eerste rukkie, dis maar om slaap op te vang en jouself te vind in mamma-wees. Dis die konstante gevoel om alleen te wees wat worrisome is.


  • Selfmoord / Selfseer gedagtes In baie extreme gevalle kan PD met 'n mamma se kop lol en die gedagtes kan hul verskeining sommer so uit die bloute maak. Dis dalk heel moontlik net 'n begeerte om die turmoil van mamma-wees te ontsnap. Hierdie is baie ernstig al is dit sommer net 'n "klein" gedagte. Asseblief reik uit! Kry die nodige hulp en ondersteuning sommer dadelik.

  • Vreeslik Huilerig Soos vroeër genoem is krokodil trane redelik normaal, maar as dit excessive raak kan dit heel moontlik PD wees. 'n Mamma met die simptome het so bietjie beheer verloor oor haar trane, en die ongoing huile is 'n manier om uitlaat te gee aan die emosies wat binne haar evaar word. Hierdie situasie moet met baie grace en liefde hanteer word.


  • Toe vir enige logiese redenasie Dis normaal vir ondersteuners om mammas te verseker dat die glas half vol is. Hierdie mag dalk in sekere situasies werk, maar sou 'n mamma PD hê, mag dit eintlik die situasie vererger. Pleks om vrede in die woorde te ervaar mag sy dalk voel dat mense haar emosies afskryf - dit mag vir haar insincere voorkom.


Nog 'n paar simptome is:


  • Moelik om aan die slaap te raak

  • Vreeslike skuld gevoelens

  • Fisiese pyn

  • The need to act normal

  • Gevoelloos

  • Aggresie


Nou hoekom al die inligting oor Mr PD? Om eerlik te wees het ek, persoonlik, al so bietjie van die simptome ervaar. Ek glo dat meeste mammas hulself dalk bevind in een of meer van hulle en dit is niks om oor skaam te wees nie. The bravest warriors know their greatest weaknesses. Ek dink wel dat 'n great support system 'n ongelooflike belangrike aspek is vir enige nuwe / nuwe-ou mamma. As jy nie een het nie, comment sommer onder "ek is braaf" en ons bou saam een.


Mamma, ek moedig jou aan om te gaan diep delf, dalk sommer net bietjie te gaan sit en wees.



Sukkel jy met van die simptome?

  • Definitief

  • Nee nie rerig nie

  • Ek herken 'n paar



Dis ok! Ons is ok!


Aaai Mamma


PS: Om seker te maak jy mis nie 'n week se posbrief nie, gaan subscribe op my website. Dis 100% gratis en verniet.





29 views0 comments

Recent Posts

See All

UIF Hoe?

bottom of page