top of page
Search

Die Fourth-Trimonster (Postpartum)

Woman in autumn

Verlede week het ek geskryf dat ons so bietjie gaan delf in self-made sleeptunes en en en...Ek het wel eerder besluit om die flikkerlig aan te sit, 'n afdraaipad na 'n dorpie in die "Wille Weste"...Welkom by Postpartum.


Die vierde trimester. 'n Trimester wat baie keer op die agter rak gesit word - iets wat so half en half stof opgaar deur die nege maande swangerskap avontuur, maar tog die trimester wat die meeste veranderinge en deurmekaargeite handha



af (altans vir my) van die hele journey.


Die trimester laat dink my aan die Kaap se weer - vier siesoene in een dag. Van heerlik warm tot windverwaaid, skielik na ysige koue en dan sommer reën. Of nee wag - dis soos die Suidooster - Intense! Hier kom GROOT dinge! Dis die moelikste trimester om te probeer verduidelik...


In die trimester spandeer 'n mens 90% van jou tyd om seker te maak dat jou babatjie asemhaal. Google is jou grootste vriend, maar ook grootste vyand. Die level of insecurities are insane. Die ultimate goal is die perfekte latch en natuurlik om suksesvol te burp - jig, niks is so bevredigend soos 'n lekker burp nie. Jy probeer nog uit-figure wat jou mensie se huile beteken terwyl jy soms sommer saam huil. Baba huil - jy huil - jy huil - baba huil. Milestones is nou skielik meer as net iets by die werk en jy wonder hoe al die tannies op Instagram Reels mamma-wees so maklik regkry.


Dinge is dieselfde maar tog is alles anders. Jy voel nogsteeds jy, maar jy voel ook glad nie meer soos jy nie. Jy is ok, maar ook nie rerig ok nie. Dis asof jou hele menswees skielik blank raak. Jy bevind jouself in 'n groot wit kamer soos in die movies. Tussen niks en nêrens. Stadig maar seker moet jy die puzzle stukkies aan mekaar probeer sit. Die prentjie van wie jy is as mamma begin skilder, trust me, dit vat meer as net een koppie koffie.


"...the moment a child is born the mother is also born. She never existed before, being a mother is something absolutely new"


Postpartum is 'n tyd wat jy 100% van jouself gee, maar tog net 10% het om te gee. Jou alles gaan in jou "nuwe" lewe in, maar nie net dit nie - die wêreld gaan aan. Dinge keer terug na normaal. Dis amper asof dit vir 'n mens weg hardloop. Jy raak vies want jy kan nie by dieselfde pas hou nie - jy voel alleen en ager gelaat. Strompel, strompel sit jy agterna. Jaaaaa, agteros kom ook in die kraal.


Mamma, ek persoonlik lei nog aan bomskok. Ek staar partykeer sommer so in die verte in. Die laaste trimester is nou eers vir my verby en honestly voel ek maar nog soos iets in 'n tuimeldroeër. Ek probeer nog my laaie regpak - ek probeer nog somtyds die mooi in my keiser snit raaksien, my "mamma magie" en tree of life borste. Ek moet nog gewoond raak aan die persoon in die spieël - n nuwe, ou ek! Maar ek sal dit vir niks verruil nie. Ek glo vroue is geskape om die drastiese verandering aan te pak met alles in hulle. Ons is gemaak om te adapt! 'n Verkleurmannetjie se moses, shapeshifter se dinges.


Embrace elke traan en op en af emosie. Laat die wêreld gaan want jy gaan hom nooit weer inhaal nie - wees jou eie Olympic pacemaker. Doen wat ons gemaak was om te doen.


Rock jou verkleurmannetjie lewe uit!


Onthou - Dis ok! Ons is ok!



Aaai Mamma

27 views0 comments

Recent Posts

See All

UIF Hoe?

bottom of page